|
|
|
|
| |
Elisabeth Eybers, Taalles |
|
![]() |
|
| Dichter Gedicht Locatie Sinds |
|
taalles Die eerste mededele wat mens leer vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg om die akuutste nood te formuleer soos: ek het honger … hou van jou … is moeg … Plots uit die soet ontmoeting weggeruk het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek om oor en oor, onnosel van geluk, toereikend te verduidelik: jy en ek … 'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer hul moeiteloos diggeweefde sin, die voegwoorde van kunstige verweer soos: daarenteen … ondanks … desnietemin … |
|
| Links : | |